Local newsNews

Vier boomplantmaand saam met Protek en hul beproef hul reeks top-produkte

Nie net versier bome ons tuine en verhoog die waarde van jou eiendom nie, dit gee die noodsaaklike suurstof af wat ons aan die lewe hou.

Bome beperk ook skade wat deur stormwater veroorsaak word, wat erosie en besoedeling in riviere verminder. Baie wilde diere is afhanklik van bome as habitat en verder bied bome voedsel en beskerming vir ‘n verskeidenheid voëls en soogdiere.
Boomplantdag het sy oorsprong in 1872 in die Verenigde State van Nebraska. J Sterling Morton, ‘n nuwe intrekker in die boomlose vlaktes van Nebraska, was ‘n voorstander van die skoonheid en voordele van bome. Hy het die plaaslike landbouraad oorreed om ‘n dag vir die aanplant van bome opsy te sit. Dit het uiteindelik oor die hele wêreld versprei en hierdie tradisie duur jaarliks voort.

In Suid-Afrika is Boomplantdag vir die eerste keer in 1983 gevier om mense bewus te maak oor die waarde van bome. Van 1 tot 7 September word skole, besighede en organisasies aangemoedig om aan Boomplantdag deel te neem. Om ‘n boom te plant is ‘n lewenslange belegging. Hoe goed hierdie belegging groei, hang af van die tipe boom, plek waar dit geplant word, versorging tydens die plantproses en die sorg daarna.

Lente is die ideale tyd om bome te plant aangesien weerstoestande nog koel is, hoewel bome wat in plantsakke en draadmandjies geplant is, regdeur die jaar uitgeplant kan word. Bome wat vanuit die grond oorgeplant word, verloor heelwat wortels wat tot oorplantingskok kan lei en sodoende lewenskragtigheid en stadige groei tot gevolg het. Dieselfde kan met bome wat in plantsakke/houers geplant is gebeur, veral as hul wortels wortel-gebind is, dan afgekap of afgeknip word.

Maak seker dat jy die boom ver genoeg van jou huis, mure, ondergrondse waterlyne of oorhoofse krag- en telefoonlyne plant.
Die vraag wat die meeste gevra word, is hoe groot die gat moet wees waarin die boom geplant word. Boomwortels het ruimte nodig om te versprei en die algemene reël is om ‘n gat wat minstens twee keer so groot as die wortelbal is te grawe, maar net so diep soos die wortelbal.

Verryk die grond wat uit die gat kom deur gips, kompos en kunsmis/misstof by te voeg. ‘n Boom het ‘n sterk wortelstelsel nodig om die boom te stut en voedingstowwe en water aan die boom te verskaf om sterk en gesond te groei. Voeg Protek Garden Phosphate by hierdie grondmengsel of vir ‘n groen opsie, kan jy NutriGreen Gwano Pellets by die grondmengsel voeg. Nie net versterk die kunsmis/misstof die wortelontwikkeling van bome nie, maar dit stimuleer nuwe groei.
Plaas die boom op die regte hoogte. Maak seker dat die gat diep genoeg gegrawe is, maar ook nie te diep nie, anders sal die nuwe wortels sukkel om te ontwikkel.
Bekyk die boom van alle kante af om seker te maak dat dit regop is. Vul dan die gat met die verrykte grond en druk dit stewig vas. Die grond moet stewig teen die wortels gedruk word om sodoende lugblasies om die wortels te verwyder.

Die stam kan vasgebind word om windskade te voorkom. Moet egter nie te styf vasbind nie, want sodra die boom begin groei, sal dit die boombas beskadig. Dit is nie noodwendig nodig om die boom se stam vas te bind nie.
Bedek die grond rondom die basis van die boom met ‘n organiese deklaag. Dit sal help om die grondvog te behou, kompetisie met onkruid te verminder en grondtemperatuur te beheer.

Hou die grond klam. Maak bome minstens een keer per week nat, maar indien dit warm, winderige weer is, kan dit meer gereeld natgemaak word.
Voed die boom elke ses weke met Protek Lawn & Foliage Fertilizer 7:1:3, of vir ‘n groener opsie, NutriGreen Gro Green. Indien jy vrugtebome geplant het (uitstekende idee!), voed boom elke ses weke met Protek Rose & Flower Fertilizer 8:1:5 of vir ‘n groener opsie, NutriGreen Flower Power.

Protek se NutriGreen-reeks bestaan uit organiese- en organies-gebaseerde korrelmisstof – gemaak van verkomposteerde pluimveemis wat met koolstof (C) verryk is en is vry van patogene, parasiete en onkruidsade. Organiese misstof is van nature stadigvrystellend en die ekstra koolstof verbeter die verbinding van die plantvoedingselemente met jou tuingrond, dus verhoed dit dat die misstof in die grond loop.

Organiese kunsmis bevorder die aktiwiteite van mikro-organismes in die grond wat op hul beurt die plantvoedingselemente afbreek tot in die vorm waar dit beskikbaar is aan plante om te gebruik. Gereelde bemesting met ‘n organiese kunsmis versterk die selwande van jou plante wat daartoe lei dat die plante minder water benodig en ook baie meer gehard is teen uiterse temperature.

NutriGreen Gwano Pellets, NutriGreen Gro Green en NutriGreen Flower Power bevat die 3 belangrikste plantvoedingselemente nl: stikstof (N), fosfaat (P) en kalium (K) asook al die mikro-elemente wat plante benodig vir gesonde groei, bv yster (Fe), mangaan (Mn), koper (Cu), sink (Zn) en boor (B), om maar net ‘n paar te noem.

Wees op die uitkyk vir insekte en fungi wat jou bome kan aanval. Protek het ‘n wye reeks produkte wat jou bome sal beskerm teen hierdie aanslae.
Geniet hierdie jaar se boomplantdag deur ‘n boom of twee in jou tuin te plant en binne ‘n paar jaar kan jy die vrugte daarvan pluk (letterlik). Gepraat van vrugte, plant sommer ook ‘n paar vrugtebome, want daar is niks lekkerder as om ‘n vrug direk van die boom af te geniet nie.
Skakel Protek by 011 812 9800 of 0861 PROTEK (0861) 77 68 35 of www.protek.co.za vir verdere inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button