Francois Meyer opgewonde om weer te veg

Francois Meyer is besig met voorbereiding vir die Alpha Mixed Martial Arts (MMA) kompetisie wat voorlopig vir einde September of vroeg Oktober beplan word. 

Die kompetisie sal onder streng Covid-19 maatreëls plaasvind. Alle deelnemers sal vooraf getoets word en toeskouers sal beperk wees.  Die kompetisie gaan by Kyalami plaasvind.

“Ek oefen driekeer per dag vaardighede, fiksheid, krag en dit gaan goed, al moet ek alleen oefen”, het Meyer gesê.

Meyer wat onlangs as die nasionale kampioen in MMASA aangewys is, sê hy is opgewonde om weer te kan deel neem.

Francois Meyer hard besig om voor te berei vir die Alpha Mixed Martial Arts kompetisie wat later vanjaar plaasvind.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version