Local newsNews

Besigheidskamer

Lede van Heidelberg Besigheidskamer het op 14 Julie 'n virtuele vergadering gehou waartydens Erica van Meygaarden (Meygaarden Natural Health) wenke gedeel het om jou immuunstelsel te versterk.

Tydens die vergadering in Junie, het Carel Coetzee gepraat oor die geleenthede wat die ontwrigting tydens inperking vir mense kon skep.

Heidelberg Besigheidskamer beplan om ‘n gholfdag vir later in die jaar te reël, afhangende van voortdurende inperking regulasies.

Die volgende ledevergadering sal in Oktober plaasvind en dit beloof ‘n prettige vergadering te wees om lede uit die negatiewe Covid-19 gemoedstoestand te laat ontsnap.

Die besigheidskamer is ook besig met hul nuwe projek wat as “Die rommelmanne” bekendstaan. Dit is ‘n daadwerklike poging om die dorp skoon te maak en van rommel ontslae te raak.

“Ek is trots op ons lede wat met deursettingsvermoë tydens die Covid-19 inperking hard werk aan ons projekte,” het Suzan Basson (voorsitter) gesê.
Vir meer inligting oor die besigheidskamer se projekte en missie, kan Suzan by 072 523 9657 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button