Local newsNews

Nigel VLU bied eerste inry-prysuitdeling aan

Die Covid-19 pandemie het tot gevolg gehad dat talle organisasies soos Nigel VLU ander maniere moes vind om hul verrigtinge voort te sit.

Weens die landwye inperking was maandelikse vergaderings sedert April gekanselleer en selfs die 25ste VLU kongres wat ‘n hoogtepunt op die VLU-kalender is, kon nie vanjaar by Meulstroom aangebied word nie.

Intussen moes ‘n wyse gevind word om die kongreswenners aan te wys en gelukkig is daar geen gebrek aan inisiatief wanneer dit by dié vlytige vroue kom nie. Gevolglik is rekenaar tegnologie op 5 Augustus ingespan om ‘n e-kongres aan te bied.

Tydens die prysuitdeling is Goudrifstreek vir die tweede agtereenvolgende jaar as algehele wenner aangewys. Overvaal VLU bestaan uit vyf streke naamlik Goudrifstreek met sewe takke (Nigel, Brakpan, Boksburg, Carpe Diem, Kempton Park, Birchleigh en Dinwiddie), die Goue-Suidestreek met nege takke, Jakarandastreek met 13 takke, Pretoriastreek met agt takke en Witwatersrand met 11 takke. Altesaam 173 lede vorm deel van die Goudrifstreek.

“Nigel-tak is trots om deel van die Goudrifstreek te wees. Hoewel dit die kleinste streek is, staan Goudrifstreek nie een tree terug wanneer dit by kompetisies kom nie,” het Ronel Lombaard (voorsitter) gesê.

Nigel VLU het op 13 Augustus hul eerste inry prysuitdeling aangebied waar Hettie Botha weer as toppresteerder aangewys is. Sy het die meeste punte by die 2019 VLU kongres behaal, meeste punte by die 2020 VLU konferensie ingesamel en ook die meeste punte op tak-vlak ingepalm vir haar houtboksie, jaarprogram, fotografie, borduurwerk, fotoraam en speldekussing. Ronel is ook met trofeë beloon vir haar konferensie artikels (tafelloper, handgeweefde artikel, skoeisel en handsak).

Dames van Nigel word aangemoedig om by die Nigel-tak aan te sluit. Vir navrae, skakel Anna-Marie Axer by 082 886 2002.

Related Articles

Back to top button