Heidelberg DBV kies nuwe bestuur

Heidelberg DBV het tydens hul algemene jaarvergadering op 25 Julie hul dankbaarheid teenoor die gemeenskap uitgespreek en gesê dat hulle voor- en tydens die inperking gereeld donasies ontvang.

Hoewel die vereniging gereeld skenkings van honde- en katkos asook komberse ontvang, benodig hulle ook speelgoed (veral krappale) vir katte. Volgens Petro Coetsee (voorsitter) het die DBV R10-winkel op die perseel altyd groot belangstelling gekry en was dié projek selfs deur inwoners van naburige dorpe ondersteun.

“Die boekwinkel is ons hoofbron van inkomste, maar aangesien dit vir ‘n geruime tyd gesluit was het kontantvloei probleme ontstaan. Fondse uit die verkope word ondermeer vir skryfbehoeftes en skoonmaakmiddels vir kantoorgebruik aangewend,” het Coetsee verduidelik.

Die DBV beplan om op 29 Augustus ‘n lente-uitverkoping aan te bied, waartydens boeke na R5 afgemerk word. Almal is welkom om hul gunsteling tussen honderde ander uit te kom snuffel.

“As gevolg van die Covid-19 pandemie kon ons ook nie ons jaarlikse mark aanbied nie. Die mark het gewoonlik ‘n groot bydrae tot ons inkomste gemaak, maar ons beplan om binnekort items wat deur die publiek geskenk is, op ander platforms te verkoop,” het Coetsee gesê.

Sy het die gemeenskap herinner dat hulle voortgaan met hul herwinningsprojek (papier, glas en plastiek). Daar word egter ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om enige herwinbare papier, glas of plastiek in houers soos kartondose of sakke by die DBV af te laai.

Vir meer inligting, besoek Heidelberg DBV agter Heidelberg Mall, of stuur ‘n e-pos aan heidelbergspca@gmail.com. Skakel hulle gedurende kantoorure by 016 342 4114 of 071 994 9960 vir ‘n noodgeval.

Michelle Docherty (kantoor assistent en toesighouer) en Elzette van Zyl (inspekteur in opleiding) is onlangs nuut aangestel by Heidelberg DBV.

 

Tydens Heidelberg DBV se algemene jaarvergadering is die volgende persone as komiteelede gekies: Zanie le Grange (komiteelid), Jackie Franck (sekretaresse), Sandie Loots (komiteelid), Elrida Cronje (komiteelid), Petro Coetsee (voorsitter), Donna Gertenbach (tesourier), Retha du Plessis (vise-voorsitter) en Susan van der Merwe (komiteelid).

 

Penny is a lively alert and active 10-month-old black-wire haired girl. She now seeks a forever home.
Fox is a German Sheppard cross, four-year-old male. He was abandoned by his owner.
Blacky is a two-year-old male, Doberman Pincer cross whose owner can’t afford to keep him.
Evie is a female kitten and approximately four to five months old. She loves to be cuddled.
Exit mobile version