Local newsNews

In memorium – Iyon de Necker

Tydens die eenjaar herdenking van haar seun Iyon de Necker se onverwagse dood, het Melanie de Necker 'n spesiale bedanking geskryf vir elke Nigeliet wat 'n positiewe bydrae in Iyon se lewe gemaak het gedurende die tyd wat hy in Nigel woonagtig was.

Sy het spesiale melding van sy vriende gemaak en ook van diegene wat tot ná sy dood nog gereeld vir haar boodskappe stuur en help om die seer te verlig

“Iyon was ‘n besondere mens en het diep spore in mense se harte getrap. Ek waardeer elkeen se omgee opreg en sal altyd onthou hoe die gemeenskap ons bygestaan het,” het sy gesê.

Iyon was 26 jaar oud toe hy op 24 Augustus 2019 sy eie lewe geneem het. Die gesin het in 2005 vanaf Louis Trichardt na Nigel verhuis en Iyon het by Hoërskool John Vorster matrikuleer, waarna hy in 2015 weer na Louis Trichardt teruggekeer en tot en met sy dood gewoon het. Volgens Melanie het Iyon haar gereeld by hul besighede in Nigel gehelp. Hy was ‘n getroue en vriendelike gesig by die karwas besigheid, asook Koekies en Kassies tuisnywerheid. “Iyon was geliefd by al my kliënte omdat hy so aangename en besondere kind was. Na sy terugkeer na Louis Trichardt, het hy altyd met deernis van die Nigel inwoners gepraat. Ons albei was lief vir Nigel en sy mense, omdat hulle so spesiaal is.” het sy afgesluit.

Related Articles

Back to top button