Local newsNews

Jordaan se saak weens inperkingsregulasies uitgestel

Jaco Jordaan, die voormalige sakeman wat na bewering groot bedrae geld van meer as 100 inwoners van Kriel en Secunda geswendel het, se verhoor in die Evanderse Streekhof het weens die Covid-19 inperkingsregulasies nie op 26 Mei voortgegaan nie. 

Jordaan is twee jaar gelede gearresteer en van beleggingsbedrog aangekla. Polisie het in hul ondersoek ‘n grootskaalse Ponzi-skema ontbloot toe beleggers se maandelikse uitbetalings opgedroog het. Volgens Brig Leonard Hlathi (Mpumalanga se polisiewoordvoerder) word die geld wat beleggers in Jordaan se sogenaamde beleggingsskema betaal het, op meer a R100 miljoen geraam.

Brig Hlatthi meen egter daar mag moontlik meer mense in ander dele van die land wees wat ook by Jordaan se onderneming belê het.

“Die meeste van die slagoffers was pensioenarisse, mense wat op die punt gestaan het om af te tree, pakette ontvang het of mense wat ongeskiktheidspensioen uitbetaling ontvang het,” het Brig Hlathi gesê.

Hy het bygevoeg dat die polisie ondersoek ook mense wat glo kliënte namens Jordaan gewerf en oorreed het om in Stocktraders SA te belê.

Daar is ook gedurende Februarie op Jordaan se bates wat ondermeer ‘n boot, sportmotors en eiendomme insluit, beslag gelê en die verhoor wat in Mei sou begin het, is tot 27 Augustus uitgestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button