Local newsNews

Pinkster Protestande Kerk Heidelberg skuif

Gemeentelede van die Lig vir Jesus Pinkster Protestante Kerk (PPK) Heidelberg word daarop gewys dat die kerk met ingang vanaf 1 Julie na Freemanstraat 3 (die ou Lede in Christus Kerk) verskuif.

Die amptelike openingsdiens vind om 09:00 op 5 Julie plaas en gemeentelede word herinner dat ingevolge regulasies slegs 50 persone toegelaat word.

Indien daar genoeg belangstelling is, sal ‘n tweede diens om 11:00 oorweeg word, maar gemeentelede word versoek om vooraf per WhatsApp te bevestig.

Die Lig vir Jesus PPK het vanaf Februarie 2019 onder leiding van pastore (Dr) Hennie en Alida de Jager vanuit die ou Lutherse Kerk te Spruytstraat 26 gefunksioneer.

Dr de Jager is ‘n geregistreerde spesialis berader by die raad van beraders en kenner op die gebied van die okkulte. Die egpaar spesialiseer in kwessies soos diepgaande emosionele terapie.

Vir meer inligting, skakel pastoor Hennie en Alida de Jager by 082 968 7310 of 082 332 7321.

Related Articles

Back to top button