Local newsNews

Raak só van rotte en muise ontslae, sê Protek

Rotte en muise is baie aktief gedurende die winter aangesien hulle op soek is na kos en plek om te bly, gewoonlik in ons huise of tuine.

Daar is ‘n afname in die beskikbaarheid van kos in die winter en huise bied ‘n alternatiewe spens vir hierdie plae. Benewens die gesondheidsgevare wat hulle inhou, kan knaagdiere groot skade aanrig.

Rotte verteer daagliks die ekwivalent van 10% van hul liggaamsmassa en besoedel kos en die omgewing met hare, urine en stoelgang. Hulle is ook draers van ‘n aantal siektes soos salmonella, swartkoors en buboniese plaag, om ‘n paar te noem. Onder ideale toestande, kan twee muise vinnig tot 300 vermeerder.

‘n Rotlokaas is die mees doeltreffende manier om ontslae te raak van selfs die moeilikste knaagdierbesmettings en Protek se knaagdierdoders verskaf die oplossing.

Protek Kill All en Rodex knaagdierdoders is enkelvoeding-lokaas wat ‘n anti-koagulant bevat. Anti-koagulante voorkom bloedstolling en verdun die bloed van teikendiere. ‘n Dodelike dosis kan in ‘n enkelvoedingsessie ingeneem word, maar die dood kom gewoonlik vier tot vyf dae later. Vir akute besmetting, kan dit nodig wees om tot soveel as drie tot vier keer lokaas uit te sit.

* Voordele: beheer noorweegse rotte, dakrotte en huismuise, gerieflike en maklike toediening, enkelvoeding, gereed vir gebruik pille, wasblokkies, pasta, graan en vloeibare lokaas

* Handige wenke: moet nooit knaagdoders met kaal hande hanteer nie, verwyder hondekos aangesien dit Vitamien K bevat (‘n teenmiddel vir teenbloedstolmiddels). Gebruik vloeibare lokaas waar kos volop is en pille of wasblokkies waar ‘n voedseltekort is en vir veilige toediening, maak gebruik van ‘n lokaasstasie.

Protek-rotprodukte is by die volgende winkels in HERAUT se verspreidingsgebied beskikbaar:
Heidelberg: Hinterland, Grande Roux, Pick n Pay, 4 Seasons Nursery, Mica en Power Build.
Nigel: Hinterland, UBuild, Power Build, Magnolia Nursery en Tropical Eden Kwekery.

Geregistreer in terme van Wet 36 van 1947, Kill All Pellets: brodifacoum (teenbloedstolmiddel) 0.02 g/kg SKADELIK, L7162, Kill All Wax Blocks: brodifacoum(teenbloedstolmiddel) 0.05 g/kg SKADELIK, L7265, Kill All Liquid: brodifacoum (teenbloedstolmiddel) 0.5 g/l BAIE GIFTIG, L7163, Registrasiehouer: Almond Agro Chemicals (Edms) Bpk, reg no 1997/006442/07, Posbus 188, Van Riebeeckpark, 1629, Rodex Rat & Mouse Grain Bait: brodifacoum (teenbloedstolmiddel) 0.05g/kg SKADELIK L9293, Rodex Rat & Mouse Paste Bait: brodifacoum (teenbloedstolmiddel) 0.05g/kg SKADELIK, L9566, Registrasiehouer:Innovative Pest Management, reg no 2001/00587/07, Posbus 3131, Kenmare, 1745.
Skakel Protek by 011 812 9800 of 0861 PROTEK (0861) 77 68 35 of besoek hul webblad by www.protek.co.za.

Related Articles

Back to top button