Daar word vermoed dat Barend aan hartkwale gesterf het, maar weens grendelstaatbeperkings kon ‘n volledige nadoodse ondersoek nie afgehandel word nie.
Sy vriende het bevestig dat hy sedert die inperking op twee geleenthede in die plaaslike hospitaal opgeneem is.
Die voormalige lid van die rock-groep Daisy Mandela was sonder twyfel ‘n yster en so lief as wat hy was om ‘n elektriese kitaar te laat dreun soos net Jimi Hendrix kon, was sy passie vir sy medemens een van sy mees besondere eienskappe.
Sy afsterwe word diep betreur sy familie en groot vriendekring. Huldeblyke en wonderlike videogrepe van Barend besig om op sy kitaar te speel het menige harte geraak en trane vrylik laat loop.
Barend se lewe sal deur sy vriende in Heidelberg en Nigel, asook waar hy tydens sy afsterwe gewoon het, gevier word op ‘n latere stadium wanneer al die reëlings afgehandel is.