AdvertorialNews

Protek passievol oor produkte en veiligheid

Protek is 'n jong, dinamiese plaaslike maatskappy en bied oor die afgelope paar jaar al die beste oplossings in huis- en tuinplaagbeheer en plantvoeding aan tevrede kliënte landwyd asook in Namibië en Botswana.

Protek is baie passievol oor hulle produkte, diens en kliënte en streef daarna om die voorkeurproduk vir die verbruiker te wees wanneer hulle op soek is na die beste oplossing vir hul huis- en tuinplaagbeheer en plantvoedingprobleme.

Protek se produkte is landswyd beskikbaar by alle toonaangewende hardeware winkels, kwekerye, kettingwinkels, koöperasies en onafhanklike kleinhandelaars.

Dit is baie moeilik vir klein en mediumgrootte plaaslike ondernemings om tydens die Covid-19-pandemie te oorleef. Protek bied nie net werk aan ‘n groot aantal plaaslike inwoners nie, maar hulle ondersteun ook die plaaslike ondernemings en verskaffers sover moontlik. Hulle het onlangs ‘n groot aantal hoë gehalte gesigmaskers met die Protek-handelsmerk aangekoop wat hier op ons eie bodem in Heidelberg vervaardig is.

Boonop bied Protek ook die gratis gesigsmaskers aan al hul plaaslike kleinhandelkliënte in Heidelberg, Nigel en Balfour om hul personeel teen die Corona-virus te beskerm. Protek-produkte is beskikbaar by die volgende kleinhandelaars: in Heidelberg by Hinterland, Grande Roux (Landmark-voere), Pick ‘n Pay, 4 Seasons Nursery en Mica, in Nigel by Hinterland, U Build, Power Build, Magnolia Kwekery en Tropical Eden Kwekery en in Balfour by Hinterland en Spar.

Al die Protek-produkte is tydens die inperking in hierdie winkels beskikbaar en ons doen ‘n beroep op u om die plaaslike besighede, wat totaal van u afhanklik is om te oorleef, te ondersteun. Onthou: “Local is Lekker!”

‘Covid-19 het ons hele land onverhoeds betrap. Niemand hou van verandering nie, maar ek glo dat met ‘n positiewe gesindheid, innoverende denke en rasionele besluite ons almal sterker en suksesvol deur hierdie moeilike tyd sal kom. Ons is almal in dieselfde storm, net in verskillende bote. Ons moet mekaar help en plaaslike ondernemings ondersteun in hierdie moeilike tyd,’ het Petri Botha, besturende direkteur, gesê.

Vir meer inligting oor Protek se produkte of u naaste handelaar op te spoor, kontak ons gedurende kantoorure by (011) 812-9800 of skakel Protek se 24-uur noodlyn 0861 776 835.

Professionele en gekwalifiseerde personeel staan by om kliënte te help met enige huis- en tuinplaagdoderverwante asook kunsmisverwante navrae.

U kan hulle ook per e-pos kontak by marketing@proteksa.co.za of die volledige reeks op hul webtuise vind.

Om jou naaste handelaar op te spoor, kontak ons gedurende kantoorure op (011) 812-9800 of die Protek-besigheidsbestuurder in jou area soos per ons webwerf onder “Die Span”.

 

Related Articles

Back to top button