Meyer mik na Afrika-Ope

Francois Meyer van Heidelberg is tydens die Mixed Martial Arts South Africa (MMASA) amateur kampioenskappe as die Suid-Afrikaanse liggewigkampioen gekroon, nadat hy met sy opponente afgereken het.

Die toernooi het van 5 tot 8 Maart in Umhlanga sonder toeskouers plaasgevind. Meyer was verlede jaar ook in die Gautengspan en het sodoende nie nodig gehad om die eerste dag van die toernooi deel te neem nie.

Op die tweede dag (semi-finaal) het Meyer teen Austin Clayton van die Westelike-Provinsie te staan gekom. Hy het as wenner weggestap nadat hy Clayton in die eerste rondte met ‘n tegniese uitklophou ore aangesit het. Op die derde dag (8 Maart) het Meyer in die finaal teen Siyanda Hlatshwayo (KwaZulu-Natal) kragte gemeet.

Meyer het in die tweede rondte van die geveg met ‘n amerikanagreep gewen en het as die amateur liggewigkampioen weggestap.

Hy is gekies om Suid-Afrika tydens die Afrika-ope te verteenwoordig, maar die toernooi is weens die Covid-19 virus opbepaald uitgestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version