Local newsNews
Ella Steyn (95) oorlede
Ella Steyn is op 27 Maart na ‘n relatiewe kort maar intense siekbed oorlede.

Sy was sedert 1945 ‘n burger van Heidelberg in murg en been en was by verskeie plaaslike sake ondernemings hier werksaam.
Tannie Ella, soos almal haar geken het, was op dié stadium die oudste lidmaat van die Nederduitch Hervormde Kerk in Heidelberg.
“Ons innige dank aan Heidelberg wat haar altyd met vriendelikheid, respek en liefde hanteer het,” het Petra Basson haar dankbaarheid oorgedra.
Ella sal onthou word as ‘n gewaardeerde dame wie se lewe beskryf kan word met die woorde: knap, trots, getrou, dankbaar en liefde.
Haar heengaan word betreur deur haar kinders, kleinkinders , agterkleinkinders , familie en vriende.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



