Local newsNews

Laer Volkies bring hulde aan helde van weleer

In ‘n tyd van groot onsekerheid en negatiwiteit, is dit die lewensverhaal van bekende skrywers soos Frans Venter wat die hoop weer laat opvlam.

In ‘n omsendskrywe aan ouers op 6 April het Laer Volkskool herinner dat tye van nood soms groot helde oplewer.

Met boeke soos Gelofteland, Bedoelde Land, Geknelde land, Offerland, Werfjoernaal, Die middag voel na warm as, Man van Ciréne, Kambro kind, Die ou man en die duif, Die keer toe ek my naam vergeet het en die Koning se Wingerd op sy kersfstok, weet min mense dat dié bekende skrywer voor sy tweede verjaardag byna weens honger tydens die ‘Groot Griep’ gesterf het.

Frans Venter is op 27 November 1916 gebore. Sy ouers, Herman en Nellie, het in die Britstown-omgewing geboer. Met die uitbreek van die Groot Griep van 1918 was hy nog nie twee jaar oud nie.
Die Spaanse griep het sy pa en sy ma ondergekry en albei was destyds vir ʼn dag of twee bewusteloos in die bed weens die ontsettende koors en suurstofnood.
Sy ma het eerste haar bewussyn herwin en vir klein Frans op die grond langs die bed gekry waar hy weens honger en dors gesuig het aan die tosseltjies van sy ouers se beddeken. Die Venter’s het die Groot Griep oorwin en Frans se ouers het herstel. Aangesien klein Frans altyd gelukkig en lewenslustig gebly het, selfs in die droogste en moeilikste tye, het sy ma hom haar “kambrokind” genoem. Die kambro is ’n tingerige Karoo-plantjie waarvan die groenbruin blaartjie altyd vars lyk, selfs in die droogste, moeilikste tye.
Met die uitbreek van die Groot Droogte het Frans skaars sy hoërskoolloopbaan begin het groo en het dit onderbreek om saam met sy ouers ʼn swerwersbestaan op soek na weiding vir vee, onderneem. Die veetrop het elke dag gekrimp weens massiewe vrektes. Uiteindelik het die gesin ‘n staanplek in die Kalahari gekry, nadat hulle nie die grens na Suidwes-Afrika kon oorsteek nie.
Hulle het oorleef, danksy die ontferming van familie en medemense, maar hulle byna alles verloor wat hulle voor die droogte gehad het.
Frans het in 1934 aan die Hoërskool Hopetown gematrikuleer as een van die top-matrikulante van die destydse Unie van Suid-Afrika. Hy het op Stellenbosch gaan verder studeer en sou uiteindelik bekend word as die skrywer en Hertzogprys wenner FA Venter.

Sy boek, Kambrokind vertel juis die verhaal van sy grootwordjare in die moeilike tye van die Groot Griep, die Groot Droogte en die Groot Depressie.
Daar is vandag, tydens Suid-Afrika se 21 dae van inperking weens die korona-virus pandemie, vir ons lesse te leer uit die lewe van die kambrokind, Frans Venter.
Die eerste is juis in die voorbeeld van die nederige kambro-plantjie wat vars en lewenslustig bly ten spyte van die felste droogte. Moenie dat die situasie jou oorweldig nie. Fokus nie op die situasie nie, fokus op God, u gesin en dit wat werklik belangrik is. Dit maak ons rustig. Dit gee ons HOOP.
Die tweede is dat die wêreld en die lewe sal voortgaan ten spyte van die krisis, maar dat totaal nuwe maniere van doen begin posvat omdat die gemaksones van ons bestaan vir lank genoeg versteur was om nuwe maniere van doen te begin gebruik. Dis asof die natuur juig, want die natuurlewe kan weer funksioneer sonder dat daar mense naby is. Kom wys vir ons kinders hoe die voëllewe in Heidelberg floreer. Selfs Valke asook Arende is ewe skielik te bespeur.
Die derde is dat na herstel gewoonlik geweldige groei altyd volg in elke skynbaar vernietigende krisis. Dit het gebeur na die Groot Griep van 1918, die Groot Depressie van 1932 en die Groot Wêreldoorloë. Ons kan verwag dat dit na die korona-krisis ook sal gebeur, ons moet net uithou. Kom ons neem die lesse wat ons hieruit leer met ons saam die toekoms in.
Die laaste is dat ontferming oor ons medemens noodsaaklik is, dikwels nie net ter wille van ons medemens nie, maar ook ter wille van onsself. Welwillendheid keer altyd terug na dié wie dit uitdeel.

Laer Volkskool se boodskap aan ouers is: “ons gaan hierdie krisis oorkom en ons gaan sterker anderkant uitkom. Ons is nie verniet kambrokinders van hierdie bedoelde Land nie. Sterkte vir die week. Stuur vir elke kind spesiale groete van ons onderwysers. Ons mis hulle.“

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button