Volop aksie by Volkies sportdag

Hoër Volkskool kom teen Hoërskool Oos-Moot te staan.

Volop aksie was tydens Hoër Volkskool se sportdag teen Hoërskool Oos-Moot te sien. Die sportdag is op 14 Maart as deel van die Noord-Wes Universiteit-reeks tuis aangebied.

Rugby-, hokkie- en netbalspanne het mekaar die stryd aangesê. Die hokkiemeisies se uitslae was soos volg: Die o14 B- (2-1), o/15 A- (2-0), tweede- (3-0) en eerstespan (6-1) het hul wedstryde gewen. Die o16 A-span het gelykop gespeel. Die seuns hokkie eerstespan wen hul wedstryd 12-1.   

Die volgende rugbyspanne het hul wedstryde gewen: o/15 A (23-22), 15 B (28-19), tweedespan (35-24) en eerstespan (10-5).

Die netbal o/14 A-span wen 30-9 met die volgende spanne wat ook gewen het: o/14 B (17-12), o/15A (25-11), o/15 B (26-13) en o/15 C (15-7).

 

Exit mobile version