Vossies bereik nuwe hoogtes

Lohané Aucamp en Linél Claasens van Laerskool Tini Vorster het op 13 en 14 Maart aan die Gauteng atletiek kampioenskappe te Ruimsig deelgeneem.

Lohané Aucamp en Linél Claasens van Laerskool Tini Vorster het op 13 en 14 Maart aan die Gauteng atletiek kampioenskappe te Ruimsig deelgeneem.

Lohané het aan die meisies o/11 1200m en Linél aan die o/12 hoogspring item deelgeneem. Beide haal die Gauteng-span wat van 25 tot 27 Maart aan die Athletics South Africa (ASA) nasionale kampioenskappe in Bloemfontein sou deelneem, maar die byeenkoms is weens die Covid-19 virus uitgestel.

Linél het ook op 10 Maart aan die Ekurhuleni netbalproewe te Hoërskool Dr EG Jansen deelgeneem en sodoende vir die Gauteng netbalproewe wat op 13 April in Krugersdorp sou plaasvind, gekwalifiseer.

Exit mobile version