Pick n Pay Heidelberg maak inkopies maklik

Aanlyn inkopies, aflewerings by jou huis (Heidelberg, Nigel en Springs) en ‘n nuwe deurry-diens is nou beskikbaar. 

HEIDELBERG – Met Suid Afrika tans onder algehele afsondering en duisende inwoners wat na winkels stroom vir inkopies, het Pick n Pay Heidelberg die perfekte oplossings om jou benodigdhede maklik en veilig te koop. Aanlyn inkopies, aflewerings by jou huis (Heidelberg, Nigel en Springs) en ‘n nuwe deurry-diens is nou beskikbaar.

1. Aanlyn inkopies

Kliënte moet op www.pnp.co.za gaan en registreer vir die aanlyn diens. Bestellings word op die webwerf gemaak onder die ‘pick and collect’ opsie. Jy sal ‘n tydgleuf ontvang en sal gekontak word sodra jou bestelling gereed is. Betalings word aanlyn gedoen. Dit is belangrik om seker te maak dat jou area op Pick n Pay Heidelberg gestel is.

2. Aflewerings

Kliënte moet ook op www.pnp.co.za gaan en registreer. Jy sal ‘n tydgleuf ontvang onder ‘pick and collect’. Hierna moet kliënte die volledige lys produkte per e-pos na pnponlineheidelberg@gmail.com aanstuur. Jou inkopies word aanlyn betaal waarna die afleweringsfooi per kaart of kontant by jou huis betaal kan word. Die koste van aflewering beloop R75 in Heidelberg en R95 in Nigel en Springs.

3. Deurry-diens

Kliënte kan ‘n volledige lys van benodighede per e-pos aan pnponlineheidelberg@gmail.com stuur. Die besigheid sal dan bevestig wanneer jou bestelling gereed is. Hierna sal kliënte aan die agterkant van Pick n Pay (in die hoek van Spur se parkeerarea) hul inkopies ontvang. Slegs kaart fasiliteite sal tydens die deurry beskikbaar wees, geen kontant of oorplasings word aanvaar nie.

Pick n Pay Heidelberg sal van Maandae tot Saterdae van 08:00 tot 18:00 en op Sondae en publieke vakansiedae van 08:00 tot 15:00 oop wees. Die bogenoemde dienste sal tydens dié ure beskikbaar wees. Pick n Pay Heidelberg sal nie op Goeie Vrydag oop wees nie.

Pensioenarisse (ouer as 65) kan op Woensdae vanaf 07:00 tot 08:00 hul inkopies doen. Dit is noodsaaklik vir pensioenarisse om hul ID dokument saam te neem.

Vir meer inligting skakel Pick n Pay Heidelberg by 016 341 4810.

Exit mobile version