Local newsNews

Heidelberg SAPD bedank besighede

Heidelberg SAPD bedank die besighede wat noodsaaklikhede geskenk het wat tot die polisie se gesondheid en veiligheid bydra.

Kol Amanda Viljoen (stasiebevelvoerder) het namens Heidelberg SAPD die besighede wat noodsaaklikhede geskenk het wat tot die polisie se gesondheid en veiligheid bydra, bedank.

Besighede in Heidelberg het verskeie items soos handreinigers, gesigmaskers en handskoene aan die polisie geskenk.

“Ons is dankbaar vir die besigheidseienaars wat ons in dié uitdagende tyd bystaan. Die veiligheid en gesondheid van die gemeenskap en polisielede is ons eerste prioriteit. Hierdie skenkings maak dit moontlik dat lede van die polisie die gemeenskap van Heidelberg kan dien tydens die pandemie,” het Kol Viljoen gesê.

Enige persoon of besigheid wat gesigmaskers, handreinigers of handskoene aan Heidelberg SAPD wil skenk, kan dit by die logistieke ingang in Maraisstraat of direk by Kol Viljoen aflewer.

 

Col Amanda Viljoen (station commander) on behalf of Heidelberg SAPS would like to thank various businesses that donated goods and contributed to the health and safety of local police members. Businesses in Heidelberg donated various essential goods including hand sanitisers, masks and gloves.

“We appreciate the kind-hearted business owners who support us during this global pandemic. The safety of the community and that of police members is our number one priority. These donations allow us to execute our duties in serving the community of Heidelberg,” Col Viljoen said.

Any individual or business who is able to donate the above mentioned essentials to Heidelberg SAPS can do so by dropping them off at the logistics entrance of Heidelberg SAPS in Marais Street or hand them directly to Col Viljoen.

 

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button