Local newsNews

Kinders mag nie onder koronavirus ly nie

Terwyl die meeste Suid-Afrikaners rondhardloop om maniere te vind om seker te maak skoolwerk raak nie agter nie, beroof die Covid-19-virus duisende kinders van hulle enigste bron van voedsel.

President Ramaphosa het op 23 Maart ‘n landwye afsondering vir Suid-Afrikanders aangekondig. Dit sluit aan by sy aankonding op 15 Maart dat alle skole (insluitend kleuterskole) tot 15 April gesluit sal wees.

Dit het ‘n krisis geskep vir baie kinders wat afhanklik is van die kos wat hulle by die skool ontvang. Benewens die feit dat hulle nie tuis eet nie, het die meerderheid bedags geen toesig nie en woon in digbevolkte lewensomstandighede, dikwels met tussen 8 en 9 mense in ‘n huis.

Volgens die Suid-Afrikaase Vroue Federasie (SAVF) wat daarop gemik is om ‘n beter lewe te skep vir kwesbare gemeenskappe soos kinders en bejaardes, is isolasie nie die veiligste opsie vir diĂ© in armer gemeenskappe nie. Die SAVF bestuur 31 sentrums vir kleuters in van die armste gemeenskappe in die land, wat ‘n toevlugsoord bied vir meer as 5000 kinders.

“Die verlengde vakansie plaas geweldige druk op huishoudings,” het Lizelle Minnaar (van SAVF Teletubbies-sentrum in Pretoria-Noord) gesĂŞ.

“Die prys van medisyne en basiese sanitasieprodukte het geweldig toegeneem – in sommige gevalle selfs verdubbel. Dit maak dit basies onmoontlik vir ouers om hierdie kinders in ‘n virus-bestande omgewing te hĂŞ, en daarom fokus ons daarop om hul immuunstelsel te versterk met gesonde kos en vitamiene,” het sy bygevoeg.

Die SAVF gaan die kinders sowel as hul gesinne van kospakkies voorsien om hulle te help om deur die verlengde vakansie te kom.

Dit is nie net kleuters wat swaarkry nie, maar ook die 9 000 000 leerders wat kos ontvang danksy die Departement van Basiese Onderwys se voedingsprojek.

Suid-Afrikaners moet nou meer as ooit tevore saamstaan en nie net aan hulself dink nie, dit gaan verder as net die gebruik van seep en hoes in ons elmboĂ«. Ons moet minderbevoorregtes help en hulle voorsien van basiese benodigdhede soos genoeg kos en ‘n veilige omgewing tydens die pandemie.

Inwoners wat donasies of skenkings aan die SAVF wil maak, kan Nigel SAVF by  072 240 0078 of Heidelberg SAVF by 016 341 2329 skakel.

Related Articles

Back to top button