CrimeNews

Wat gebeur in Nigel en Heidelberg Hof?

Volg hierdie skakel vir die jongste verwikkeling in Nigel en Heidelberg Hof.

NIGEL

Pep rowers:

Die vyf mans wat op 11 Februarie 2016 ná ‘n gewapende roof by Pep Stores in The Angelo Mall vasgetrek is, se saak het op 9 April in Nigel se Streekhof begin, nadat dit om tegniese redes verskeie kere uitgestel is. Hulle het weer op 21 Februarie in die hof verskyn en die saak is tot 11 en 12 November vir verhoor uitgestel, maar op 12 November het van die beskuldigdes ander regsverteenwoordigers versoek en gevolglik is die saak tot 3 Maart 2020 uitgestel, waar kruisondervraging ‘n aanvang geneem het. Die saak is weer tot 12 Mei uitgestel.

Johan Pretorius moordsaak:

Die 21-jarige man wat in ‘n bekentenis teenoor die polisie erken het dat hy Johan Pretorius op 20 Junie op ‘n plaas buite Nigel vermoor het, het weer op 27 November in Nigel Landdroshof verskyn. Ten einde te bepaal of die verdagte toerekeningsvatbaar sal wees, is hy vir sielkundige evaluasie na Weskoppies Hospitaal verwys, maar weens die nie-beskikbaarheid van ‘n bed, is die saak tot 20 Maart uitgestel.

Johan Lewis moordsaak:

Jan de Villiers wat vir die moord op A/O Johan Lewis aangekla word, se borgaansoek is op 14 Februarie in Nigel se Streekshof geweier. A/O Lewis se liggaam is op 13 Januarie onder verdagte omstandighede in ‘n plaasdam buite Nigel gevind. Volgens die polisie wil dit voorkom of hy in die uitvoering van sy pligte as SAPD-lid met sy lewe geboet het toe hy De Villiers wat op ‘n onpadwaardige veldmotorfiets gery het, agternagesit het. Die saak is tot 2 April uitgestel.

SAPD en Metropolisie diefstalsaak:

Die sewe beskuldigdes wat op 28 November in Vorsterskroon vasgetrek is nadat hulle ‘n geldlener van sowat R100 000 beroof het, se borgaansoek is op 4 Februarie in Nigel Landdroshof toegestaan. Die beskuldigdes (waaronder metropolisie sowel as SAPD-lede) staan tereg op ‘n klag van diefstal. Tydens die arrestasie wat deur Germiston SAPD blitspatrollie uitgevoer is, is daar ook op vuurwapens en ammunisie beslaggelê. Die saak is tot 12 Maart uitgestel.

Dr Alberts animal cruelty:

Charges were initially laid against local veterinarian Dr E Alberts in 2012 when the NSPCA was made aware that she was in possession of a vervet monkey that had had three of its limbs amputated. Charges were laid in terms of the Animals Protection Act No 71 of 1962 for maiming, neglect, failure to administer pain medication, as well as obstruction and illegal possession of an indigenous wild animal and on March 4, Dr Alberts appeared in Nigel Magistrate’s Court where she was found guilty on counts of animal cruelty, obstruction, and illegal possession of an indigenous wild animal. The case was postponed until March 18 for judgement, but on the said date NSPCA representative Jaco Pretorius asked the court for harsher sentencing and the case was postponed until May 6.

 

HEIDELBERG
Swanepoel moordsaak:

Die twee verdagtes in die Swanepoel moord het op 6 Maart in Heidelberg Streekhof voortgegaan. Andries Swanepoel (58) is op 25 Augustus verlede jaar by die huis wat hy saam met die verdagtes in AG Visserstraat, Rensburg gedeel het, vermoor. James Randall (22) en Clifford Basson (64) se saak is tot 21 April uitgestel.

Busi Nhlapo murder case:
The 42-year-old boyfriend of Busi Nhlapo (36) has appeared in court on January 29 in connection with her murder. Nhlapo was badly assaulted and succumbed to her injuries on January 18. Bail was refused and the case was remanded to February 12.

BALFOUR
Balfour funeral parlour owner murder case:
The case against the seven suspects in the murder of Jabu Nkosi (funeral parlour owner) continued in the Balfour Magistrate’s Court on March 16. Nkosi was shot at his home after returning home from the hospital where he was treated for a previous attempt on his life. The victim’s wife, mother-in-law, sister-in-law and four other suspects were apprehended for his murder. The wife, sister- and mother-in-law, as well as one of the other accused, indicated that they do not wish to apply for bail. The bail application of the three remaining accused will continue on March 30.

 

Related Articles

Back to top button