Local newsNewsUpdate

Heidelberg VLU-tak ontbind

Die tak was vir 53 jaar lank 'n bekende organisasie van Heidelberg.

Heidelberg VLU-tak het ná bykans 53 jaar ontbind. Dit was met swaar gemoedere dat lede vir oulaas op 13 Februarie vergader het. Ná ‘n stemproses het lede besluit om die tak te ontbind.
Dit is die tweede keer in die geskiedenis van Heidelberg VLU dat die tak ontbind. Dit is aanvanklik in 1940 gestig, maar het in 1958 ontbind. Op aandrang van Lulu Gouws (streeksvoorsitter van die Hoëveldstreek) en in samewerking met die Heidelbergse Distrikslandbou-Unie se voorligtingskantoor is die tak vir die tweede keer op 24 Mei 1967 gestig.

Die stigting het aan huis van Bertha Meiring plaasgevind en die volgende stigterslede was teenwoordig: D Lanser (voorsitter), T Esterhuizen (vise-voorsitter), B Meiring (sekretaresse), A Pfaff (tesourier), M Beyers, B de Coning, H Nel, L Snyman, S Human, T Hartman, R Roos, L Engelbrecht, T Viljoen, A Fritz en J du Plessis.
Voorsitters wat vanaf die stigting in 1967 tot in die tagtiger jare gedien het, was D Lanser, A Fritz, B Hibbert, T van der Berg, B Roberts, A Rossouw, B Engelbrecht, M Rossouw, A Rosslee en I Rossouw.
Een van die hoogtepunte wat die tak beleef het, was die besoek van Dr Murray Janson op 4 Junie 1981. Bykans 150 dames het in die Van Belkumsaal vir die geleentheid bymekaargekom. Dit was ‘n interstreek byeenkoms waartydens Heidelberg-, Goeiehoop-, Rensburg- asook Nigel-tak in verskeie kompetisies teen mekaar meegeding het. Mevv P Kirstein (voorsitter: Hoëveldstreek) en L Stumke (streeksekretaresse) het ook die geleentheid bygewoon.

Hierdie foto’s van lede van Heidelberg VLU is in 1983 geneem.

Voorsitters sedert 1990 was Ren̩ van der Merwe (1990), Marie Campher (1991), Suzette Kruger (1992 Р1993), Petro Riekert (1995 Р1998), Kandas van Aswegen (1999 Р2004), Suretha Esterhuizen (2006 Р2007) Jill Murray (2008 Р2010), Nelda de Wet (2011 Р2015), Cornelia Pienaar (2016 Р2017) en Yolande Klingbiel (huidige voorsitter).
Yolande sê dit was nie ‘n maklike besluit om die tak te ontbind nie, maar met drie takke in Heidelberg en lede wat vele verpligtinge moes nakom, was die besluit onafwendbaar.
René Bredenhann (voorsitter: Goue Suide Streek) het ‘n oog oor die stemproses gehou en was aangedaan om van dié tak afskeid te neem. Sy het die hoop uitgespreek dat lede by omliggende takke sal aansluit wat onder die Goue Suide Streek val.
Die dames sal steeds by die Goue Suide Streekkonferensie wat op 14 Maart in Vereeniging aangebied word, betrokke wees.

Related Articles

Back to top button