Local newsNews

Umephi Villa Liberi Kinderhuis

Ebbie en John Prins is die anker vir sowat 39 kinders in nood by uMephi Villa Liberi Kinderhuis in Eufeeslaan 62, Ferryvale.

Ebbie (huismoeder) en John (huisvader) sien die afgelope 16 jaar om na die behoeftes van die kinders wat deur die hof in hul sorg geplaas word. Die kinderhuis is ‘n nie-winsgewende organisasie wat hoofsaaklik op ‘n finansiële seun vanuit die publiek Taatmaak, maar daar word ook gereeld fondsinsamelings gehou om te verseker dat kinders wat goed in sport presteer, die nodige blootstelling ontvang en deelname aan toernooie lan geniet. Die kinders word ook elke jaar in Desember met ‘n uitstappie bederf.

Die Prins-egpaar stap elke dag die ekstra myl om te verseker dat daar in elke kind se behoeftes binne en buite skoolverband voorsien word. Hoewel die kinderhuis gereeld donasies en ander bydraes ontvang, bestaan daar tans ‘n dringende nood vir pleegouers wat bereid sal wees om naweke en vakansies na die kinders om te sien.

“Dit is belangrik om te noem dat hierdie kindrs nie vir permanente privaat aanneming kwalifiseer nie, aangesien hulbiologiese ouers steeds in hul daaglikse bestaan betreokke is. Hulle word tydelik deur ‘n hofbevel in ons sorg geplaas,” het Ebbie gesê.

Die kinders is van versjillende rasse en hul ouderdomme wissel van vier tot 18 jaar en volgens Ebbie is die keuringsproses vir ‘n naweek- en vakansie ouers streng om die kinders se welstand en veiligheid te verseker.

Van die kinders presteer goed op sportvlak en benodig fondse om gedurend die Maart vakansie ‘n rugby- en netbaltoer te onderneem.

Inwooners en sakeluii wat met finansiële bydraes kan help, is welkom om die volgende bankrekening vir donasie te gebruik: Nigel Absa takkode: 334 742, rekeningnommer: 4054676283, rekeningnaam: AGS Villa Liberi Kinderhuis.

uMephi Villa Liberi Kinderhuis se jaarlikse hengelkompetisie te bespreek.

Indien jy die kinderhuis betrokke wil raak, skakkel Ebbie of John by 011 814 8037/082 926 6237, of stuur ‘n e-pos na villaliberi@mweb.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button