NewsSport

Jonk en oud bult hier kuite

Om op die ouderdom van 76 jaar drafskoene aan te trek en elke Saterdag ‘n pretloop van 5km kaf te draf, wil gedoen gedoen word.

Lucia Venturi en Willie Snyman (87) is Ferryvale Parkrun se oudste deelneemers en laat hulle nie deur ouderdom koudsit nie. Lucia het op 15 Februarie haar 31ste parkrun afgelê en het gesê dat sy die buitelug oefening geniet. Van jonger deelneemers wat reeds 12 wedlope voltooi het, is Anton Button en Giovanni Coetzee (albei in Graad 8).

“Parkrun vind in ‘n veilige omgewing plaas en dit is lekker om elke week nuwe mense te ontmoet. Ek het eers by Boksburg Parkrun aangesluit, daarna by Spriengs- asook Heidelberg Parkrun, maar nou hoef ek nie meer na naburige dorpe te ry om Saterdae aan die parkrun deel te neem nie,” het Lucia gesê.

Ferryvale Parkrun wat op 15 Februarie sy 31ste pretloop (in agteruit formaat) aangebied het, vind elke Saterdag by Jim Fouche park in Hendrik Verwoedstraat plaas. Dit is ‘n vriendskaplike byeenkoms waartydens inwoners en hul troeteldiere die 5km roete kan stap of draf. Daar is geen koste verbonde aan deelname nie en almal is welkom.

“Stof jou drafskoene af en word deel van ‘n gesonder basie. Parkrun is ‘n fantastiere stres ontlaaier en aangesien dit nie-kompeterend is, bied dit gemaklike oefening vir oud en jonk. Dit is ook ‘n manier om van die week se werksdruk ontslae te raak,” het Lucia bygevoeg.

Ferryvale Parkrun begin om 08:00 en daar is hope veilige parkering vir voertuie. Vrywilligers word genooi om hulp te verleen en belangstellendes kan vir Nokkie du Toit by 082 778 1139 of Etta Marshall ny 079 028 3789 skakel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button