NewsSchools

Vossies atlete laat rekords spat

 Atlete van Hoërskool John Vorster het tydens ‘n vriendskappelike atletiekbyeenkoms op 31 Januarie, verskeie nuwe rekords opgestel.

Elandia Marais het die nuwe 100m hekkies meisies o/19-rekord wat in 2017 deur Sanet Kleinhans (18.31 sekondes) opgestel is, na ‘n nuwe tyd van 18.19 sekondes verbeter. Sy het ook die 100m naellope meisies o/19-rekord na 12.96 sekondes verbeter. Die vorige rekord van 13.34 sekondes wat in 2019 deur Janie de Meyer opgestel is, is terselfde tyd deur Doné Harris verbeter (13.12 sekondes). Elandia het ook die meisies o/19 hoogspringrekord (1.49m) wat in 2017 deur DeolizeFiouche opgestel is, na ‘n afstand van 1.50m verbeter en ‘n vierde rekord opgestel toe sy Brittani Hall se driesprong rekord (9.66m) van 2017 met ‘n afstand van 10.27m verbeterhet. Doné het ‘n tweede rekord opgestel toe sy die driesprong rekord met ‘n afstand van 10.02m verbeter het.

Lucinda van der Merwe en Danielle Celliers het die meisies o/19 spiesgooi rekord verbeter wat in 2016 deur Moelasa noxolo (25.77 m) opgestel is. Lucinda het ‘n afstand van 28.14m gegooi en Danielle ‘n afstand van 32.98m.

Mieke Kapp het die 800m meisies o/19-rekord wat in 2019 deur Tegan Strydom opgestel is, gebreek toe sy dit in ‘n tyd van 2:49.28 afgelê het. Marleu jacobs het twee nuwe rekords opgestel, naamlik die seuns o/17 400m rekord wat in 2017 deur Tsiamo Koali (58.00 sekondes) opgestel is.Hy het dit in 56.93 sekondes afgelê en het ook die 400m hekkies seun s o/17-rekord wat in 2018 deur Dylan Sandham (102.12) opgestel is, met ‘n nuwe tyd van 1:00.44 gebreek.

Suné Bekker het twee rekords opgestel naamlik die meisies o/16 gewigstoot rekord wat in 2019 deur Dominique Dantu (10.35 opgestel is, asook die speisgooi rekord wat in 2016 deur Maritza Maritz (25.42) opgestel is. Suné het ‘n nuwe afstand van ondrskeidelik 12.96m (gewigstoot) en 26.88m (spiesgooi) behaal.

Jernna Klein het die 100m hekkies meisies o/16-rekord verbeter oe sy Rhetabile rampa (18.50 sekondes) se rekord wat in 2017 opgestel is, na 18.05 sekondes verbeter het. Chardoné Els het die 100m naellope meisies o/16-rekord wat in 2019 deur K Serero (14.38) opgestel is verbeter toe sy ‘n nuwe tyd van 14.25 behaal het

Petros Ngwenya het twee nuwe rekords en Teboho Mokhejane drie nuwe rekords opgetsel. Albei atlete het die 100m naellope seuns o/16-rekord wat in 2015 deur P Masebuko 912.00 sekondes) opgestel is, verbeter. Petros spog met ‘n nuwe tyd van 12.00 sekondes, terwyl Teboho die afstand in 11.94 sekondes afgelê het.

Teboho het ook die seuns o/16 verspring rekord berneter wat in 2017 deur Tristan de Lange (5.76m) opgestel is. Tebo het ‘n afstand van 6.10m gespring. Sy derde rekord is die seuns o/16 400m rekord wat in 2019 deur Vusi Mene (56.94 sekondes) opgestel is. Hy het dit na ‘n tyd van 55.75 sekondes verbeter.

Elske Stander het twee rekords ingepalm, naamlik die 90m hekkies meisies o/15-rekord wat Elandia Marais (15.03) in 2017 opgestel het. Sy het dit met 0.31 sekondes verbete. Sy het ook die meisies 300m hekkies o/15 300m hekkies o/15-rekord (Elandia Marais (51.97) in 2017) gwebreek toe sy dit in ‘n tyd van 49.88 sekondes afgelê het.

Harald van der Merwe het die seuns o/14 skyfwerp rekord wat in 2019 deur Matteo Naudé (27.29M) opgestel is, verbeter toe hy ‘n afstand van 28.36m gegooi het. Harald het ook die seuns o/14 spiesgooi rekord wat in 2015 deur Arno Helberg (32.00m) aangeteken is, met ‘n nuwe afstand van 34.77m verbeter. Anton Button en Christiaan Smuts het albei die 1500m langafstande seuns o/14-rekord wat in 2017 deur Dada Loyiso (5:17.66) opgestel is, verbeter. Anton het dit in ‘n tyd van 5:18.69 en Christiaan in ‘n tyd van 5:18.69 afgelê.

Marinus Botha het die seuns 100m hekkies o/14-rekord verbeter toe hy Setshabe Mohaiwa se rekord(15.38 sekondes) wat in 2019 opgetel is, na 15.22 sekondes verbeter het. Jolain  Aucamp het die 1500m meisies o/14-rekord met ‘n tyd van 5:18.59 verbeter. Sy het Monica Aru Okoye se rekord wat in 2019 opgestel na ‘n tyd van 5:40.87 verbeter.

Related Articles

Back to top button