Tuis in kombuis op 95

Pieter Strydom van Nigel Tuiste vir Bejaardes het sy 95ste verjaardag op 14 februarie gevier.

Hy is in 1927 in die Heidelberg distrik gebore en het sy skoolloopbaan in Balfour voltooi. Ná skool het hy by hul familieplaas in Grootvlei ingeval en sy stempel as boer hier afgedruk.

Hy het die liefde van sy lewe Nellie op 24 Junie 1950 ontmoet en kort daarna met haar getrou. Hulle is met twee kinders geseën. Strydom het in 1958 die boerdery verlaat en die arbeidsmark in Alberton betree. Ná sy aftrede in 2008 het Strydom en sy vrou Nigel Tuiste vir Bejaardes hul woonplek gemaak. Sy is intussen oorlede en dit het Strydom genoop om self na die huishouding om te sien.

“Ek het van kindsbeen af geleer om my eie kos voor te berei en daarom is ek steeds tuis in die kombuis,” het strydom trots gesê.

Vandag spog hy met vyf kleinkinders en vyf agterkleinkinders wat hom naweke besoek. Hy beplan om familie en vriende op sy verjaardag met tuisgebakte brood en tert te bederf. Strydom sê hy is blakend gesond en aktief en verskaf gereeld in sy blomtuin.

“My liggaam mag dalk oud wees, maar my geloof is sterk en dit is die rede vir my goeie gesondheid,” het Strydom afgesluit.

Exit mobile version