Leesgenot vir Volkies

Wêreld Hardop Leesdag deur bekendes by skool gevier.

Vir Laer Volkskool se Graad R- tot 2-leerders het hul onnies baie “anders’ gelyk op 5 Februarie. Hul juffrouens het plek gemaak vir ‘n dokter, veearts en polisievrou wat vir die jong Volkies uit leesboeke kom voorlees het. Dit was deel van die skool se vieringe van Wêreld Lees Hardop-dag wat op 5 Februarie gevier is.

 

Dr Schalk Potgieter het tot groot vermaak van die graad eens met sy stetoskoop en teaterklere sy opdaging gemaak. Dr Hein Griebenow (veearts) het ook sy stetoskoop omgehang en ‘n dierestorie aan die Graad 2-leerders voorgelees. Kaptein Madeleine von Wielligh van SAPD Heidelberg het die Graad R-leerders met haar voorlesing vermaak. Een van die meisies was dit eens dat sy nou ‘n polisievrou wil word.

Lede van Volkies se leerlingraad het ook hul deel vir die dag gedoen en die Werkende Handjies Kleuterskool van die SAVF besoek waar hulle aan die kleuters voorgelees het.

Kinders wat gereeld lees en na interaktiewe stories luister, word goed toegerus en gemotiveerd om te leer, lees en te skryf.

 

HERAUT doen ‘n beroep op inwoners om enige boeke te skenk wat deur HERAUT aan minderbevoorregte skole asook bejaardes uitgedeel gaan word. Enige boeke kan by HERAUT se kantoor in Ueckermannstraat 9, Heidelberg afgelaai word.

Exit mobile version