CrimeNewsUpdate

Jaco Jordaan saak: Prokureur van slagoffers praat

Prokureur sê staat het sterk saak.

Die prokureur wat die slagoffers verteenwoordig wat in ‘n belegging bedrogskema glo deur Jaco Jordaan (sakeman van Heidelberg) bedrieg is, glo dat die staat ‘n sterk kriminele saak teen Jordaan het.

 

Arisja Misselhorn (jornalis) van die Ridge Times in Secunda wat die hofsake van Jordaan in die Evander Landdroshof bywoon, het met Mnr Louwrens Grundlingh gepraat. Hy het gesê dat Jordaan se bates wat op ‘n publieke veiling verkoop is, ‘n boot, sportmotors en eiendom insluit. Sy eiendomsagentskap in Heidelberg is ook gelikwideer.

 

“As ons die dokumente en bewyse in ag neem wat aan die polisie oorhandig is, dink ek dat die staat ‘n sterk kriminele saak teen Jordaan het,” het Grundlingh gesê.

 

Jordaan is twee jaar gelede gearresteer nadat hy glo groot bedrae van meer as 100 inwoners van Kriel en Secunda verduister het. Meeste van die slagoffers was pensioenarisse, mense wat op die punt gestaan het om af te tree, pakette ontvang het of mense wat ongeskiktheidspensioen uitbetaling ontvan het.

Die polisie ondersoek ook mense wat glo kliënte namens Jordaan in dié dorpe gewerf het en hulle oorreed het om in Stocktraders SA te belê.

Volgens Misselhorn het ‘n betroubare bron verklap dat Jordaan se bates ‘n olieraffinadery insluit waar die beleggingsgeld glo gewas is.

Jordaan se verhoor sal op 26 Mei in die Evander Streekhof begin.

Foto erkenning: Ridge Times.

Related Articles

Back to top button