Local newsNewsUpdate

Voortrekkers laat die waatlemoenpitte spat

Suikerbos Voortrekkerkommando hou waatlemoenfees in Heidelberg.

Waatlemoenstukke het getrek en die sap het gespat tydens Suikerbos Voortrekkerkommando se eerste byeenkoms van die jaar op 28 Januarie.
Dawie de Villiers (kommandoleier) sê dit is al tradisie dat die nuwe jaar se verrigtinge met ‘n waatlemoenfees afgeskop word.

Die lede kon lekker aan die sappige vrugte weglê, voor die waatlemoen ‘oorlog’ uitgebreek het. Selfs die offisiere het meegedoen aan die pret.
Die Voortrekkers vergader elke Dinsdag om 17:00 tot 18:00 by die Gereformeerde Kerk Heidelberg in Pretoriusstraat. Vir meer besonderhede kan Dawie by 084 600 5765 geskakel word.

 

Related Articles

Back to top button