Local newsNewsUpdate

Volkies gedenkwyn terug by ‘huis’

Ouer skenk voggies terug aan Laer Volkskool.

‘n Bottel gedenkwyn van 1998 het sy weg terug na Laer Volkskool danksy ‘n Graad 6-leerder gevind.
Dit is ‘n lang storie oor hoe diĂ© Riesling wyn van die De Wet Koöp (een van die oudste wynkelders in Worcester) weer sy tuiste gevind het. Die wyn is as aandenking tydens die destydse Klein Volkie Jool verkoop.

Bianka Pieterse se pa Tolla het die wyn van Kobus van Heerden (oud-onderwyser van Heidelberg) ontvang. Oom Kobus en sy vrou Gerda het die bottel destyds as aandenking gekoop en dit toe aan Tolla geskenk.

Bianka het dadelik aan haar pa gesĂª dat die wyn terug aan die skool geskenk moet word sodat dit in die skoolmuseum bewaar kon word.

Mnr Dawie Jordaan (departementshoof: intermediĂªre- en seniorfase) onthou die gesogde Jooldae baie goed. Dit is tydens die destydse Suikerbosfees wat in die 90s deur Heidelberg se Besigheidskamer in Heidelberg se strate om die stadsaal aangebied is, gehou.

“Ouers het nagte deurgewerk (natuurlik saam met lekker braaivleisvure) om die onderskeie grade se vlotte te bou. Elke graad het ‘n tema gekry en die vlotte is van die Maandag (voor die naweek se fees) in Endstraat aanmekaar geslaan. Die hele straat was vol mense en vlotte en al die ouers het hand bygesit,” het Mnr Jordaan vertel.
Mnr Piet Strydom (hoof) het Bianca en Tolla vir hul inisiatief bedank en gesĂª dat die bottel wyn ‘n stukkie geskiedenis is wat deur die skool gekoester sal word.

Related Articles

Back to top button