Bonsai entoesiaste skop eerste vergadering af

Sluit gerus aan en leer die fynere kuns van Bonsai

Suikerbos Bonsai Kai se eerste vergadering is op 25 Januarie gehou.

‘n Werkswinkel oor basiese bonsai snoeitegnieke is deur Hannes Fritz en Stefann Pretorius (voorsitter) aangebied. en lede het hul boompies saamgebring en aan die werk gespring.

 

 

Hulle het raad ontvang oor watter onooglike takke weggesnoei en watter takke gebuig moet word om ‘n sierlike eindproduk te verseker.

Meer ervare lede het ingespring en die groentjies met raad en daad bygestaan.

 

Suikerbos Bonsai Kai vergader elke laaste Saterdag van die maand om 12:00 op die plaas Eendracht op die Ou Albertonpad. Vir navrae kan Hannes Fritz by 079 502 2972 geskakel word.

Exit mobile version