MunicipalNewsSponsoredBreaking News

Goeie nuus – myne mag eie krag opwek

Die VF Plus verwelkom die aankondiging van die minister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe, dat myne toegelaat sal word om hul eie krag op te wek.

In ‘n mediaverklaring wat op 3 Februarie deur die VF Plus-LP en hoofwoordvoerder Dr Wynand Boshoff uitgereik is, sê die organisasie dat minister Mantashe se ander uitspraak, dat ‘n nuwe onderneming om krag op te wek in die lewe geroep moet word, egter ‘n teleurstelling is.

“Dit is reeds etlike jare die VF Plus se standpunt dat verbruiker-produsente die beste oplossing vir kragtekorte is. Dit sal huishoudings, plase, fabrieke en myne in staat stel om hul eie krag op te wek, en ook om ‘n inkomste uit surplusvermoë te verdien. Sodoende sal duisende rolspelers mekaar op die nasionale netwerk aanvul,” het Dr Boshoff gesê.

Volgens die VF Plus wil dit voorkom of die regering hardnekkig aan ‘n uitgediende sentralistiese model vasklou en daarvolgens word die voordele van robuust-verspreide kragvoorsiening verbeur.

Markkragte werk egter in die teenoorgestelde rigting as die regering en ervaring leer dat geen regering dié kragte op die lange duur kan weerstaan nie.

 

Related Articles

Back to top button