CrimeNewsBreaking News

Wat het die afgelope week in Heidelberg en Nigel se howe gebeur?

Four ongoing murder cases: Read all the information here.

HEIDELBERG

Swanepoel moordsaak:
Die twee verdagtes in die Swanepoel moordsaak het op 28 Januarie in Heidelberg Landdroshof verskyn. Andries Swanepoel (58) is op 25 Augustus verlede jaar by die huis wat hy saam met die verdagtes in AG Visserstraat, Rensburg gedeel het, vermoor. James Randall (22) en Clifford Basson (64) se verhoor sal op 13 Februarie in Heidelberg Streekhof begin.

Busi Nhlapo murder case

The 42-year-old boyfriend of Busi Nhlapo (36) has appeared in court on January 29 in connection with her murder. Nhlapo was badly assaulted and succumbed to her injuries on January 18. Bail was refused and the case was remanded to February 12.

Busi Nhlapo was badly assaulted and succumbed to her injuries.

NIGEL

Johan Pretorius moordsaak:

Die 21-jarige man wat in ‘n bekentenis teenoor die polisie erken het dat hy Johan Pretorius op 20 Junie op ‘n plaas buite Nigel vermoor het, het weer op 27 November in Nigel Landdroshof verskyn. Ten einde te bepaal of die verdagte toerekeningsvatbaar sal wees, is hy vir sielkundige evaluasie na ‘n geregistreerde instansie (Weskoppies Hospitaal) verwys, maar aangesien daar nog nie ‘n opening by die genoemde hospitaal is nie, is die saak weer tot 7 Februarie uitgestel.

Johan Lewis moordsaak:

Die 21-jarige man wat daarvan verdink word dat hy vir die moord op A/O Johan Lewis verantwoordelik is, het op 16 Januarie in Nigel Landdroshof verskyn waar die saak tot 3 Februarie vir ‘n borgaansoek uitgestel is. A/O Lewis se liggaam is op 13 Januarie onder verdagte omstandighede in ‘n plaasdam buite Nigel gevind. Volgens die polisie wil dit voorkom of hy in die uitvoering van sy pligte as SAPD-lid met sy lewe geboet het toe hy die verdagte wat op ‘n onpadwaardige veldmotorfiets gery het, agternagesit het.

Related Articles

Back to top button