Local newsNewsUpdate

‘Veiligheid eerste’ hoor Laerskool AG Visser leerders

Verkeersvroue besoek skool vir veiligheidswenke.

Veiligheid eerste. Die Departement van Onderwys stel die veiligheid van leerders hoog op die prioriteitslys en daarom is opdrag gegee dat plaaslike verkeersdepartemente veiligheidswenke aan leerders en opleiding aan skolierpatrollies moet verskaf.

Lesedi Plaaslike Munisipaliteit se verkeersafdeling het op 21 Januarie by Laerskool AG Visser ‘n draai gemaak en onder die wakende oog van Mev Khosi Mokhele (koördineerder van skoolveiligheid: Sedibeng Departement van Onderwys) tyd afgestaan om leerders veiligheidsbewus te maak.

Monica Mkhize (superintendent) van die verkeersafdeling het met die Graad R tot Graad 3-leerders oor veiligheidsaspekte soos waterveiligheid, om te waak teen vreemdelinge en boelies gepraat. Sy het hulle ook geleer van padveiligheid – die ses veilige plekke waar voetgangers ‘n pad mag oorsteek en drie veilige plekke waar kinders mag speel.

 

Hierna het Mkhize die skolierpatrollie na die voetoorgang geneem waar sy hulle die fynere punte van patrolliediens geleer het. Sy het gesĂȘ dat hulle verteenwoordigers van verkeersbeamptes is en dat motoriste hulle moet gehoorsaam. “Indien motoriste julle nie tydens padpatrolliediens gehoorsaam nie, skryf die voertuigregistrasie neer en gee dit aan jou onderwyser sodat hy/sy dit na die verkeersafdeling kan deurgee,” het Mkhize afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button