MunicipalNewsUpdate

Kerkhowe in Lesedi munisipale area kry nou aandag

Goeie reën het werk in Heidelberg vertraag, sê munisipaliteit.

Lesedi Plaaslike Munisipaliteit se parke-afdeling is tans besig om parke en veral begraafplase in die munisipale area skoon te maak. Solly Sibaya van die Parke afdeling het gesê dat die goeie reëns wat gedurende Desember geval het, opruiming vertraag het. Dit is ook die rede waarom die gras en bossies glo so mildelik gegroei het.
HERAUT het op 8 Januarie oor die skokkende toestand van begraafplase berig en die saak aan Advokaat Gugu Thimane (waarnemende munisipale bestuurder) rapporteer.

 

Sibaya sê dat LPM na begraafplase wat passief is (ou begraafplase wat nie meer gebruik word nie) sowel as aktiewe kerkhowe, omsien.

 

Die span het op 17 Januarie by die Ekuthuleni Begraafplaas (Uitbreiding 23, Ratanda), die ou begraafplaas in Rensburg industriële gebied asook Heidelberg Begraafplaas op die R42 (Nigel-pad) begin om lang gras te sny en bossies uit te kap.

 

 

Sibaya het aangedui dat die munisipaliteit ook Hindu en Moslem (passief sowel as aktief) kerkhowe versorg.
“Ons vra dat inwoners geduldig moet wees met die instandhouding van kerkhowe. LPM se spanne sal wel by bogenoemde begraafplase uitkom,” het Sibaya afgesluit.

Related Articles

Back to top button