NewsSchools

Hier is Hoërskool John Vorster se top 5 matriekleerders (2019)

Hoërskool John Vorster se matriekgroep van 2019 het uitstekend gevaar.

Die skool spog met ‘n slaagsyfer van 97% (5% hoër as in 2018) en 55 van die 97 matrikulante wat die finale eksamen afgelê het, kwalifiseer vir graadstudies (BA). 34 Leerders kwalifiseer vir diplomastudies en vyf vir ‘n hoër sertifikaat.

 

Die top 5 akademiese presteerders is as volg:

Phumelele Nxumalo met ses onderskeidings (hier by die hoof, Mnr Jan Nienaber).

 

Met vyf onderskeidings was Jacques Brits tweede onder die top vyf akademiese presteerders.
Salome van Aswegen is derde onder die top 5 presteerders. Sy het onderskeidings in die volgende vakke behaal: Afrikaans (huistaal) – 82%, Engels (eerste addisionele taal) – 83%, LO – 90%, Rekeningkunde – 81% en Gasvryheidstudies – 87%
Hoewel sy een onderskeiding behaal het, plaas Antoinette MacKenzie se gemiddeld haar in die vierde posisie onder die top 5 akademiese presteerders.
Janie de Meyer het drie onderskeidings behaal wat haar nommer vyf op die ranglys plaas.

 

Hoërskool John Vorster het die beste onder plaaslike skole gevaar na bekendmaking van die 2019 matriekuitslae op 8 Januarie.

Die hoof, Mnr Jan Nienaber, het gesê hy is besonders trots op die groep en het elkeen vir hul insette bedank.

 

Related Articles

Back to top button