Local newsNews

Nigel SAVF sluit 2019 op hoë noot af

Nigel se tak van die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) het hul amptelike verrigtinge vir die jaar op 4 Desember met ‘n Kersfees program afgesluit.

Nagenoeg 50 behoeftige gesinne het as gaste by deftig versierde tafels aangesit waar hulle van ‘n heilsame ete en nagereg bedien is. Aan musiekvermaak was daar geen tekort nie en die strelende klanke van Nigel se mannekoor het tot ‘n feestelike atmosfeer bygedra.

Na afloop is daar presente onder die kinders uitgedeel en elke gesin het ook ‘n huishoudelike geskenkpak ontvang.

Deur Nigel SAVF se voedselskema word talle gesinne maandeliks van voedselpakke voorsien, maar aangesien dit ‘n nie-winsgewende organisasie is word daar swaar op die publiek gesteun vir donasies en skenkings.

Die organisasie hou ook gereeld fondsinsamelingsprojekte om te verseker dat die voedselpakke gevul kan word en enige persoon wat ‘n bydrae wil maak, kan vir Ina by 072 240 0078 skakel.

Related Articles

Back to top button