Local newsNewsUpdate

Heidelberg help met skenkings aan boere in Noord-Kaap.

Jy kan ook help deur donasies voor Woensdag (18 Desember) by Icecold Bodies af te laai.

Verskeie besigheidsmanne van Heidelberg het besluit om in te spring en droogtehulp skenkings vir die boere en gemeenskappe in die Noord-Kaap in te samel. Inwoners word vir bydraes (nie later as vandag 18 Desember) gevra sodat vragte met skenkings op 20 Desember na Calvinia kan vertrek.
In die Noord-Kaap alleen is daar meer as 400 boere wat op die drumpel staan om hul plase te verloor.
Daar is boere wat reeds alles verkoop en hul plase verlaat het weens die droogte wat as die ergste in menseheugenis beskryf word.
Dit is veral die Namakwa distrik wat in 2012 laas reën gekry het en gemeenskappe landwyd het begin om ‘n helpende hand te verleen. Dit is nie net veevoer wat aangery word nie, maar ook kruideniersware en ander noodsaaklikhede vir die boere en hul werkers se gesinne.
Inwoners word gevra om donasies soos nie-bederfbare voedsel, toilet- en sanitêre ware, skoene, klere (nuut of tweedehandse klere), linne, komberse, skryfbehoeftes, medisyne, veevoer en hondekos te skenk.
‘n Groot vraghouer is voor Icecold Bodies in Endstraat 4 (Endstraat is tussen Meyer- en Apseystraat) vir die skenkings geplaas. ‘n Sekuriteitswag sal ‘n wakende oog oor die vrag hou en beskikbaar wees om dit na-ure vir skenkers oop te sluit. Die houer is duidelik gemerk dat dit vir ‘Droogtehulp Calvinia’ geoormerk is.
Skenkings moet voor of op 18 Desember in die houer geplaas word sodat dit voor die vragmotors op 20 Desember vertrek, verpak kan word.
Vir meer besonderhede oor die skenkings kan Sunette Killian by 083 557 7597 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button