Local newsNewsUpdate

Rensburg VLU dames hou jolige Kersafsluiting

Die dames het ook skenkings aan minderbevoorregtes uitgedeel.

Rensburg VLU se dames het nie net hul laaste vergadering van die jaar op 19 November met ‘n Kersmaal afgesluit nie, maar hulle het ook donasies aan Margie Grobler wat in beheer is van die Kosmos projek in Rensburg geskenk.

Kosmos sien om na verskeie minderbevoorregte gesinne in Rensburg en bedryf ook ‘n kleuterskool op die perseel van die NG Kerk Rensburg vir 10 kleuters wat gratis onderrig ontvang.

 

 

Die Kersafsluiting is by die Suikerbosoord Dienssentrum vir Bejaardes gehou en die bejaarde inwoners van die hoƫsorgeenheid is ook nie vergeet nie. Matrone Hester Hugo het omgeepakkies namens die bejaardes ontvang.

 

Rensburg VLU se volgende vergadering is op 21 Januarie om 14:00 by die Gereformeerde Kerk Heidelberg in Pretoriusstraat. Indien jy graag by die VLU wil aansluit of vir meer besonderhede kan Thea Jordaan by 081 892 6942 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button