NewsSchools

Armsvol trofeë vir Vossies presteerders

Talle leerders van Hoërskool John Vorster het met armsvol trofeë tydens die prysuitdeling wat op 25 November plaasgevind het, weggestap.

 

Die volgende Graad 12-leerders van Hoërskool John Vorster het tydens die prysuitdeling sport trofeë ontvang: JP Coetsee (verdienste), Lizette de Lange (beste Graad 12 netbalspeler), Shanté Badenhorst (beste Graad 12 tennisspeler), Chanté Fourie (Hokkie: positiewe gesindheid), Jacqui Billings (beste meisies krieketspeler en beste kolwer), Alanda Oosthuizen (Hokkie: tweedespanspeler van die jaar), Mitchell Harris (Hokkie: veelsydigste speler en speler van die jaar), Gavin Kelley (beste Graad 12 skaakspeler), AJ Brandt (veelsydigste leerder, rugby eerstespan voorspeler van die jaar en gedeelde trofee sportseun van die jaar), Jessica Smalberger (beste vordering netbal), Juan Baasen (Graad 12 gedeelde trofee vir sportseun van die jaar), Talia Gertenbach (deursettingsvermoë en inspirasie), Dominique Dantu (gedeelde trofee vir sportmeisie van die jaar) en Tegan Strydom (gedeelde trofee vir sportmeisie van die jaar en hokkie eerstespan speler van die jaar)
Die volgende sporttoekennings is aan Hoërskool John Vorster se Graad 11-leerders gemaak: Franco Pretorius (rugby eerstespan beste agterspeler), Sadé Stephens (beste jukskei speler), Chennay Stoop (volgehoue toewyding), Elandia Marais (beste senior meisie atleet, senior Victrix Ludorum, beste senior baanatleet, beste senior netalspeler, beste meisies hekkiesatleet), Pierina Belotti (sportdogter van die jaar Graad 8 tot 11), Lucinda van der Merwe (verdienstelike netbalspeler), Flippie Buys (sportseun van die jaar Graad 8 tot 11), Justin Walker (beste Graad 11 skaakspeler) en Henry van Biljon (beste baanatleet, senior Victor Ludorum en beste senior veldatleet)
Hoërskool John Vorster se Graad 10-leerders is met die volgende sporttrofeë vereer: Mariesa Manenti (hokkie: positiewe gesindheid), Stefan Horn (rugby: beste vordering, toneelseun van die jaar en redenaar van die jaar), Brandon de Beer (krieket eerstespan beste speler), Danielle Celliers (krieket: beste bouler), Joanne Deyzel (netbal: positiewe gesindheid), Marlouise Engelbrecht (kultuurmeisie van die jaar, drie jaar deelname aan Eisteddfod, drie jaar nasionale kleure, 2020 Uitvoerende Raad (vise-president) en kultuur), Bernice Roux (hokkie: beste vordering), Monique Botma (hokkie: beste vordering).
Die volgende Graad 9-leerders van Hoërskool John Vorster het sporttrofeë ontvang: Duncan Nel (beste vordering en junior rugbyspeler van die jaar), Hope van Biljon (beste junior netbalspeler), Carissa Botes (hokkie: positiewe gesindheid), Suné Bekker (beste junior veldatleet en beste atletiek prestasie), Damiand Davis (beste Graad 9-skaakspeler) en Kgotso Lechelele (hokkie: verdienstelike speler).
Die volgende Graad 8-leerders van Hoërskool John Vorster het sporttrofeë ontvang: Pieter du Preez (hokkie: beste junior vordering), Brandon-Lee van Niekerk (beste junior hekkiesatleet), Yadleeyen Davids (beste junior veldatleet, Jayden van Dyk (beste junior rugbyspeler), Nathan Müller (rugby: verdienstelike speler), Henry Harris (beste junior krieketspeler), Elske Stander (junior meisies baanatleet, junior Victrix Ludorum, junior netbalspeler van die jaar en beste doel persentasie behaal).
Mino Carniel en Con Keyser van Nigel Rotary Club pronk hier by Hoërskool John Vorster leerders wat ‘n spesiale Rotary toekenning vir akademiese prestasie ontvang het. Hulle is: Antioné Koegelenberg (beste vordering Graad 12), Tashlin Stokes (Graad 10), Derik Pieterse (Graad 11) en Marelize van Wyke (Graad 11).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button