CrimeNewsBreaking News

Heidelbergers se hekmotors in diewe se visier

Nog hekmotors is glo intussen gesteel.

Elektriese hekmotors is in die visier van diewe nadat 10 huise s’n in Rensburg verlede week tussen 19 en 20 November gedurende die nag gesteel is.

Crime Stop Sekuriteitsdienste sê 10 van hul kliënte se hekmotors is gesteel en dit was veral Roets-, DF Malan- en Zuidstraat wat tussen 23:00 en 04:30 geteiken is.

 

 

Kaptein Thivhulawi Tshilate (woordvoerder) van Heidelberg SAPD sê daar kan moontlik nog diefstalle voorgekom het, want mense dink nie dit is nodig om so iets by die polisiestasie aan te meld nie. Hy het ook gewaarsku dat die diefstal moontlik na ander dele van die dorp kan uitbrei en dat inwoners bedag hierop moet wees.

Suzan Basson (algemene bestuurder) van Crime Stop sê inwoners moet ‘n behoorlike anti-diefstal metaalklamp met ‘n slot van goeie gehalte op hekmotors aanbring. Sommige alarmstelsels kan uitgebrei word om ook die hekmotor te beskerm. Jou sekuriteitsmaatskappy sal jou hieroor kan inlig.

Kaptein Tshilate sê inwoners moet diefstal (al is dit ook hoe gering) by Heidelberg Polisiestasie op die hoek van Marais- en Voortrekkerstraat of by 016 341 0343/72 aanmeld.

Related Articles

Back to top button