MunicipalNewsBreaking News

Watertekort duur voort

Heidelberg krane loop weer droog

Inwoners in groot dele van Heidelberg (wat Heidelberg Sentraal, Jordaanpark, Bergsig en Rensburg insluit) ondervind sedert Donderdag 21 November vanaf 17:00 waterprobleme. Sommige wonings en besighede het geen water nie, terwyl ander swak druk ondervind.

Dit is te wyte aan Heidelberg se hoofwaterpyp in Louwstraat wat Donderdag gebars het.

Lesedi Plaaslike Munisipaliteit het inwoners gister (21 November) ingelig dat ‘n waterpyp gebars het en dat hulle daaraan werk om dit te herstel. “LPM se tegniese span werk aan die probleem om dit so gou moontlik te herstel, maar dit kan tussen 24 en 48 uur duur voor die water ten volle herstel is,” het die verklaring gelui.

HERAUT het vanmiddag 22 November omstreeks 15:45 met Valentine Shivambu van die departement van stormwater en sanitasie gepraat. Hy het verduidelik dat dit die hoofpyp in Louwstraat is wat gebars het. (Heidelberg het twee jaar gelede vir dae sonder water gesit nadat dieselfde pyp gebars het.)

Shivambu sê hulle werk onverpoosd om die probleem so gou moontlik te herstel en hoop dat die part wat benodig word om die pyp te herstel, hulle vroeg môreoggend sal bereik. Sodra die part hier is, sal dit ongeveer twee tot drie ure duur vir herstelwerk om voltooi te word.

 

 

Related Articles

Back to top button