FOTOS: Nigel VLU se 80-jaar vieringe

Nigel VLU wat op 24 Februarie 1939 deur ‘n ene mevrou Dely gestig is, het vanjaar sy 80ste bestaansjaar gevier.

Dié mylpaal is op 7 November tydens ‘n spoggerige geleentheid by die NG Kerk Nigel-Oos herdenk, waar besoekers, gaste en eregaste behoorlik onthaal soos dit net Nigel VLU betaam. Van die eregaste wat die feesvieringe bygewoon het was Magdie de Kock (president van Wêreldbond van Plattelandse Vroue, Ina Booyse (president van Overvaal-streek), Barbara Nel (vise-president van Overvaal-streek), Tuti Rudman (voormalige president van Nigel VLU) en Alta Prinsloo (Goudrif streekvoorsitter).

Annetjie Lehman (wat reeds 50 jaar lid van Nigel VLU is) het die program is met skriflesing en gebed geopen waarna Ronel Lombaard gaste verwelkom het. Sy het ook haar span vir hul harde werk met voorbereiding van die saal en heerlike eetgoed bedank.

“Jully is my Springbokspan,” het sy gesê.

Annatjie van der Merwe (voormalige president het ‘n brokkie oor die geskiedenis van Nigel VLU gedeel en gesê die tak het in die vroeë dertigerjare aanvanklik as ‘n Engelse tak ontstaan, maar het etlike jare later ontbind, waarna ‘n stigtingsvergadering vir ‘n Afrikaanse tak op 7 Februarie 1939 gereël is. Ten tye van die takstigting was Mev Dely die hoofbestuurslid en Mev M du Toit was die voorsitter. Van der Merwe het uitgebrei oor die eerste toneelfees wat nie net deur Nigel VLU aangebied was nie, maar hulle was ook die algehele wenner daarvan.

Die feesvieringe het ook ‘n prettige vertoning deur Nigel VLU se koorgroep ingesluit en gaste is deur plaaslike musikant Mecer Jordaan vermaak.

Sou jy mense vra waarmee die woord VLU geassosieer word, sê hulle vinnig dat hulle aan stoere boervroue, naaldwerk en tafels vol soetgebak dink. Wat die meeste mense egter nie besef nie, is dat daar soveel meer as koeksisters en handewerk in hierdie vroue met die vlytige hul vingers steek en word VLU-lede deesdae as entrepreneurs in eie reg en en steunpilare in die plaaslike gemeenskap beskou.

Die VLU is ‘n organisasie wat haar beywer om aan die vrou geleenthede te bied om haarself te verryk op alle terreine van vrouwees sodat sy ‘n bydrae kan lewer tot haar gesin en die gemeenskap. Die organisasie is nie-polities, nie-sektaries, tweetalig, en oop vir alle vroue bo 16 jaar tot 116 jaar

Na afloop van die progrma is heerlike eetgoed, koek en tee bedien en ‘n glasie is geklink om die besonderse mylpaal te vier.

Nigel VLU herval hul amptelike verrigtinge weer in Januarie 2020 en belangstellendes wat wil aansluit kan vir Anna-Marie Axer by 082 886 2002 skakel.

Exit mobile version