CrimeNewsBreaking News

Diewe slaan toe op hekmotors

Heidelberg 10 keer die afgelope twee dae geslaan

Crime Stop Sekuriteitdienste waarsku inwoners dat daar die afgelope twee dae (19 en 20 November) 10 hekmotors gesteel is.

 

Die diefstalle het veral in Rensburg plaasgevind met Roets-, DF Malan- en Zuidstraat wat tussen 23:00 en 04:30 geteiken word.

 

Suzan Basson (algemene bestuurder) van Crime Stop sê inwoners moet ‘n behoorlike anti-diefstal metaalklamp met ‘n slot van goeie gehalte op hekmotors aanbring. Sommige alarmstelsels kan uitgebrei word om ook die hekmotor te beskerm. Kry meer inligting hieroor by jou sekuriteitsmaatskappy.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button