Gemors vinnig opgeruim ná HERAUT dit aanmeld

Munisipaliteit ruim onooglike erf en spruit in Merzstraat, Heidelberg op.

‘n Onbeboude erf op die hoek van Merz- en Van der Westhuizenstraat, Heidelberg is vinnig deur Lesedi Plaaslike Munisipaliteit opgeruim, nadat HERAUT dit onder hulle aandag gebring het.

 

Bure en besighede om die erf kla al lank dat die plek as rommelhoop gebruik word. HERAUT het dit onder die aandag van Advokaat Gugu Thimane (waarnemende munisipale bestuurder) gebring. Sy het dadelik die betrokke departementshoof gevra om ‘n kennisgewing aan die eienaar van die erf uit te reik.

Munisipale werkers is ook opdrag gegee om die erf en spruit solank op te ruim, wat vinnig gedoen is.

 

Exit mobile version