Bejaarde ure vasgebind

‘n Bejaarde man is vyf ure lank vasgebind en in sy huis in Viljoenstraat deur rowers aangehou.

‘n Bejaarde man is vyf ure lank vasgebind en in sy huis in Viljoenstraat deur rowers aangehou. Die 71-jarige is op 28 Oktober omstreeks 12:00 in
sy sitkamer deur twee rowers oorval.
Sy hande is agter sy rug vasgebind en hy is in die hoof slaapkamer op die bed laat lê.
Die rowers het kaste uitgepak en daarin geslaag om ‘n kluis oop te maak en ‘n vuurwapen met lisensiepapiere te steel. Die man se vrou het omstreeks 17:00 by die huis gekom en is deur die rowers verras.
Hulle het al die gesteelde items in die vrou se wit BMW gelaai en daarmee weggejaag.
Volgens Kaptein Thivulawi Tshilate (woordvoerder) van Heidelberg SAPD, is die gesteelde voertuig later gevind. Die verdagtes het egter met die gesteelde goedere weggekom. Kaptein Tshilate het gesê die egpaar is getraumatiseerd, maar nie beseer nie.
Enigiemand met inligting oor die verdagtes word gevra om Heidelberg polisie by 016 341 0372/43 te skakel.

Exit mobile version