Plaaslike fotograaf ontvang eretoekenning

NIGEL - Michelle van Niekerk van Heigel Fotoklub is onlangs as die wenner van die Marike Bruwer fotografie trofee vir 2019 aangekondig.

Die gesogte eretoekenning is ter ere aan Marike Bruwer wat in 2006 op Vryheidsdag oorlede is en is op 27 September tydens die ‘Photographic Society of South Africa’ (PSSA) nasionale kongres in Sabie oorhandig.

Bruwer was ‘n aktiewe lid en direkteur van die PSSA en het gedurende haar verbintenis met die organisasie ook ‘n dux-erebewys vir haar werk ontvang. Sy het ‘n groot rol in ‘n alternatiewe en konseptuele fotografie gespeel en die weg vir ander fotograwe gebaan om visuele kuns in die vorm van fotografie, te bevorder.

Vanjaar is die tiende herdenking van die Marike Bruwer toekenning en Van Niekerk se foto getiteld Scarlet Rose is uit tientalle ander inskrywings beoordeel. Nadat sy as een van die beste drie fotograwe gekies is, het sy met die titel weggestap.

Hier oorhandig Anne D’Oliveira die Marike Bruwer fotografie toekenning aan Michelle van Niekerk tydens die PSSA nasionale kongres in Sabie. Van Niekerk beoefen vir die afgelope vier jaar fotografie en het vroeër vanjaar vir die kompetisie ingeskryf.

Van Niekerk beoefen vir die afgelope vier jaar fotografie en het ook onlangs ‘n Lisensiaat kwalifikasie by PSSA verwerf. Sy het spesiale melding van Piet Bezuidenhout gemaak wat haar deurgaans met raad bygestaan het.

“Deur middel van fotografie gee ek uiting aan my kreatiewe verbeelding. Die toekenning is vir my ‘n groot eer, maar dit was veral oom Piet wat potensiaal in my raakgesien en my aangemoedig het om dit te bevorder,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version