CrimeNewsBreaking News

Heidelberg vroue verkool byna

Petrolbom vermoed ná dreigemente.

Een van Heidelberg Rugbyklub se vrouespanspelers en haar lewensmaat het ‘n vlammedood net-net vrygespring nadat die voertuig waarin hulle oornag het, vanoggend (31 Oktober) uitgebrand het.
Kaldora Kruger (39) en Madelein Meyer (33) het in hul Opel Astra oornag. Die voertuig was onklaar
en was by ‘n motorwerktuigkundige op die hoek van Vlok- en Hertzogstraat, Rensburg vir herstelwerk parkeer. Die vroue het geen ander heenkome gehad nie en het (met die eienaar se toestemming) in die voertuig oornag.
Hulle is vanoggend omstreeks 02:00 deur ‘n werker wakkergemaak nadat hy ‘n slag gehoor en gesien het dat die voertuig in vlamme gehul is.

Die vroue vermoed dat ‘n petrolbom teen die stoor (waar die motor parkeer was) gegooi is.

Kaldora sê sy en Madeleine het dreigemente ontvang ná hewige rusies met huurders van die vorige plek waar hulle gebly het.
Die blyery in die voertuig was net tydelik. Die vroue sou die naweek na ‘n plaas buite die dorp verhuis het, waar vriende vir hulle werk aangebied het.
Dit is nog nie duidelik waaroor die rusie gegaan het nie, maar Kaldora sê hulle het verklarings by Heidelberg SAPD afgelê. Die SAPD se forensiese afdeling het die toneel vanoggend vir leidrade gefynkam.
Die vroue het al hul besittings in die brand verloor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button