Tydens die vergadering is Michelle van Niekerk se foto getiteld “Angels speak to those whose minds are silenced” as die foto van die maand aangewys en junior fotograaf Alida du Toit se foto getiteld “The greenpepper drop” het haar die kroon vir junior foto van die maand besorg.
Yvonne van Heerden se foto getiteld “Hugo, bel die polisie” is as temafoto van die maand aangewys.
Heigel Fotoklub is by die Photographic Society of South Africa (PSSA) geaffilieer en het ten doel om lede se algemene fotografiekennis te verbreed. Daar word ook gereeld uitstappies onderneem waartydens lede hul kennis op die proef kan stel. Volgens die voorsitter Francois van Jaarsveld, bied die klub ‘n goeie balans tussen beginners en meer gevorderde fotograwe.
Verder bied Heigel Fotoklub geleentheid aan fotograwe om afstandslede te word, waartydens hulle dan ook hul foto’s deur middel van elektroniese versending kan inskryf. Terugvoer word voorsien sodra opnames en beoordeling tydens die klubbyeenkomste gemaak is.
Besoekers is welkom om aan te sluit. Vergaderings vind elke tweede Woensdag van die nuwe maand om 18:30 of by die tennisklub in Somersetstraat plaas.
Vir meer inligting, skakel Van Jaarsveld by 083 659 9657.