Local newsNews

Fotograwe spog met hul bestes

Lede van Heigel Fotoklub het op 9 Oktober by Nigel Tennisklub vergader, waar hul beste foto’s wat vir die maand ingeskryf is, beoordeel is.

Tydens die vergadering is Michelle van Niekerk se foto getiteld “Angels speak to those whose minds are silenced” as die foto van die maand aangewys en junior fotograaf Alida du Toit se foto getiteld “The greenpepper drop” het haar die kroon vir junior foto van die maand besorg.

Heigel Fotoklub se junior foto van die maand vir Oktober is Alida du Toit se “The greenpepper drop.”

Yvonne van Heerden se foto getiteld “Hugo, bel die polisie” is as temafoto van die maand aangewys.

Heigel Fotoklub se foto van die maand is Michelle van Niekerk se “Angels speak to those whose minds are silenced.”

Heigel Fotoklub is by die Photographic Society of South Africa (PSSA) geaffilieer en het ten doel om lede se algemene fotografiekennis te verbreed. Daar word ook gereeld uitstappies onderneem waartydens lede hul kennis op die proef kan stel. Volgens die voorsitter Francois van Jaarsveld, bied die klub ‘n goeie balans tussen beginners en meer gevorderde fotograwe.

Verder bied Heigel Fotoklub geleentheid aan fotograwe om afstandslede te word, waartydens hulle dan ook hul foto’s deur middel van elektroniese versending kan inskryf. Terugvoer word voorsien sodra opnames en beoordeling tydens die klubbyeenkomste gemaak is.

Besoekers is welkom om aan te sluit. Vergaderings vind elke tweede Woensdag van die nuwe maand om 18:30 of by die tennisklub in Somersetstraat plaas.

Vir meer inligting, skakel Van Jaarsveld by 083 659 9657.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button