NewsSchools

Geliefde onderwyser net so oud soos skool

Laerskool Tini Vorster se geliefde Mnr Isak de Villiers het op 15 Oktober sy 79ste verjaardag gevier.

Nie net het sy hy lewe aan laerskool onderrig gewy nie, maar het hy met trots aangekondig dat hy nog nie van plan is om die tuig neer te lê nie, omdat hy daarna uitsien om sy 80ste verjaardag in 2020 saam met die skool te vier.

“Ja, ek en Laerskool Tini Vorster is ewe oud,” het hy met ‘n glimlag vertel.

 

Vir die afgelope 18 jaar is Mnr De Villiers nie net ‘n onderwyser nie, maar ook rugby, atletiek en krieketafrigter en het hy verskeie spanne tot groot hoogtes gelei.

Wat sy stokperdjies betref, is hy ‘n bedrewe nutsman wat vir bykans enige iets met sy hande doen.

Op die vraag wat hy ná aftrede beplan, het Mnr de Villiers gesê dat hy en sy vrou graag reis en dat hulle meer tyd sal hê om die land te verken.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button